Voordele

Geen arbeid word benodig.

Dit is ‘n ekodosering.

Daaglikse inname van hierdie tablet kan help met groei en vinnige herstel by diere.

Hierdie produk is veilig vir gebruik by wilde voëls en wilde diere, bv. tarentale, fisante, steenbokke en duikers, wat ook gedoseer kan word terwyl hulle water drink. Hulle is van die grootste parasietdraers. Hierdie is ’n natuurlike produk met min tot geen newe-effekte vir mens of dier.

Hierdie produk is ’n ekodosering en het gewoonlik geen newe-effekte vir mens of dier nie.

Meer oor die produk

Ons Eko-tablette is een van die mees effektiewe doseermiddels teen bosluise en parasiete. Dit is geskik vir gebruik by skape, beeste, perde, wild, pluimvee, voëls en troeteldiere. Die resultaat van gereelde gebruik is gesonde en parasietvrye diere.

Die aktiewe bestanddeel is acemannan. Dit bevat ook gesonde aminosure, liacinien (probiotika) en methanine (pynstiller), wat help met die bestryding van parasiete.

Die aktiewe bestanddeel van ons produk is acemannan. Dit is gelaai met aminosure, en die twee mees bepalende aminosure wat algemeen voorkom, is liacinien (probiotika) en methanine (pynstiller).

Maklike en effektiewe doseringsproses:

Gebruik die Eko-tablette se bottel of ’n 250 ml-Coca-Cola-bottel en trek die etiket af.

Gooi die inhoud van die bottel in ’n los plastieksakkie.

Maak of boor 12 gaatjies van 8 mm reg rondom die plastiekbottel.

Gooi 4 tablette vir elke 25 l water los in die bottel met die gaatjies.

Maak die bottel met ’n toutjie onder die vlotterkleppomp vas sodat die pomp die medisyne met die water kan meng, waarna die mengsel na die bodem dryf waar die diere drink.

Sodra die diere die water drink of suip, neem hulle die waterkripdosering in wat nou met die drinkwater gemeng is. Die dosering word in die dier se liggaam en bloedstelsel opgeneem en vrygestel, en sodoende weer dit die bosluise en parasiete af.

Herhaal die metode elke 8ste dag en vervang die bottel met nuwe tablette vir ’n tydperk van 4–6 weke. As die diere voor die tyd skoon is, stop met die proses en herhaal dit eers weer met ’n nuwe uitbraak.

Deur die metode reg te gebruik, hoef jy nie jou kudde kraal toe te jaag en ’n hele dag daar te spandeer om jou diere te doseer en skoon te maak nie.

Belangrike punte

Alle diere moet teen bloednier, bloutong, perdesiekte en alle virussiektes geënt wees voordat u met die doseringsproses kan begin.

Alle diere moet teen bloednier, bloutong, perdesiekte en alle virussiektes geënt wees voordat jy met die doseringsproses kan begin.

  • Neuswurm en lintwurm by lammers jonger as drie maande is uitgesluit van hierdie dosering, omdat lammers in sekere gevalle nog nie self by die waterkrip drink nie.
  • Lammers kan die aktiewe bestanddeel in sekere gevalle deur hul moeders se melk inneem, maar nie altyd nie. Doseer dus alle lammers jonger as drie maande vir lintwurms. Moenie kanse daarmee waag nie.
  • Die groot oorsaak van onsuiwerheid of brommeraanvalle by skape is haarwurm. Die haakwurm het tande op snyplate in hul mondholtes, en daarmee dring hulle die pens se slymvliese binne. Terselfdertyd spuit hulle dikwels ’n teenstolmiddel in die wond wat verhinder dat die bloed stol. Dit gebeur dan dat ’n skaap vinnig bloed verloor en binne ’n paar dae vrek. Brommeraanvalle, veral in die mikgebied van skape, word veroorsaak deur die besoedeling van die gebied met vloeibare mis weens inwendige parasiete in die dermkanaal. Dit is die oorsaak van die nat en vrot wol agter by wolskape.

 

Die Eko-tablette is die mees aggressiewe doseermiddel vir skape, bokke, beeste en ander plaasdiere. Die resultaat van een van ons toetse: 659 dooie bosluise binne drie dae van een bees af! Die resultaat is 100% gesonde, vet en mooi diere. Die aktiewe bestanddeel van ons produk is acemannan. Dit is gelaai met aminosure, en die twee mees bepalende aminosure wat algemeen voorkom, is liacinien (probiotika) en methanine (pynstiller). Maklike en effektiewe doseringsproses: Gooi weekliks 4 tablette vir elke 25 liter water wat in die krip is. Doen dit elke 8ste dag. Doseer vir 4 weke aaneenlopend en stop dan. Doseer weer vir 4 weke indien u ’n parasietuitbraak opmerk. Gebruik die Eko-tablette se bottel. Gooi die inhoud van die bottel in ’n los plastieksakkie. Trek die bottel se etiket af. Maak of boor 12 gaatjies van 8 mm in die plastiekbottel. Gooi 4 tablette vir elke 25 liter water wat in die krip is, in die bottel met gaatjies. Herhaal die dosering weekliks. Daarna word die doseringstablette onder die waterklep (ball valve) gegooi en gelos om stadig oor ongeveer sewe dae of langer op te los. Die diere drink elke dag ongeveer twee keer daarvan. Die tablette los stadig op en meng met die water sodra die water deur die waterklep (ball valve) loop of spoel om die waterkrip vol te maak. Sodra die diere water drink of suip, neem hulle die waterkripdosering in wat nou met die drinkwater gemeng is. Die dosering word nou in die dier se liggaam en bloedstelsel opgeneem en vrygestel, en sodoende weer dit die parasiete af. Deur die metode reg te gebruik, hoef jy nie jou skape/beeste kraal toe te jaag en ’n hele dag daar te spandeer om jou diere te doseer en skoon te maak nie..

Die Eko-tablette is die mees aggressiewe doseermiddel vir alle wild, soos bv. elande, swartwitpense, bokke, buffels en springbokkies. Die resultaat is 100% gesonde, vet en mooi diere. Die aktiewe bestanddeel van ons produk is acemannan. Dit is gelaai met aminosure, en die twee mees bepalende aminosure wat algemeen voorkom, is liacinien (probiotika) en methanine (pynstiller). Jy as boer kan alleen weekliks doseer. Gebruik 4 tablette tydens ’n uitbraak vir elke 25 liter water in die waterkrip. Doseer 2 000 stuks wild, 500 beeste of 5 000 skape in ’n paar uur, sonder ekstra arbeid. Maklike en effektiewe doseringsproses: DOSERING: Gooi weekliks 4 tablette vir elke 25 liter water wat in die krip is. Doen dit elke 8ste dag. Doseer vir 4 weke aaneenlopend en stop dan. Doseer weer vir 4 weke indien u ’n parasietuitbraak opmerk. Gebruik die Eko-tablette se bottel. Gooi die inhoud van die bottel in ’n los plastieksakkie. Trek die bottel se etiket af. Maak of boor 12 gaatjies van 8 mm in die plastiekbottel. Gooi 4 tablette vir elke 25 liter water wat in die krip is, in die bottel met gaatjies. Herhaal die dosering weekliks

Die Eko-tablette is die mees aggressiewe doseermiddel wat alle perdesiektes kan voorkom. Sê totsiens vir alle muggies, muskiete, perdevlieë, brommers, ens. Binne 7 dae is jou perde geïsoleer teen muggies en muskiete wat die draers van die rubivirus en Afrikaperdesiekte is. Die aktiewe bestanddeel van ons produk is acemannan. Dit is gelaai met aminosure, en die twee mees bepalende aminosure wat algemeen voorkom, is liacinien (probiotika) en methanine (pynstiller). Die Eko-tablette is ’n 100% natuurlike produk en is nie skadelik vir jou perde nie. Geen ekstra arbeid word benodig nie. Dien op die 1ste dag 2 tablette per perd mondelings toe en doseer daarna alle waterkrippe met 4 tablette vir elke 25 liter water.

Ons Eko-tablette is die mees aggressiewe doseermiddel. Dit bevorder groei en ’n hoër persentasie eierlegging. Die tablette is 100% natuurlik en word deur veeartse aanbeveel. Die aktiewe bestanddeel van ons produk is acemannan. Dit is gelaai met aminosure, en die twee mees bepalende aminosure wat algemeen voorkom, is liacinien (probiotika) en methanine (pynstiller). Maklike en effektiewe doseringsproses: Afhangende van watter waterstelsel jy gebruik, stel ons voor dat jy die watertenkie afhaal en dan 4 tablette ingooi. Die doseringsproses moet vir die volle 52 weke gevolg word om die beste resultate te kry. As jy met ’n klein aantal hoenders boer, gooi 4 tablette in elke 25 liter water en hou die waterbakke vol. Indien jy met ’n groot aantal hoenders boer, gooi die tablette in die medisynetenk en laat dit deur die hokke vloei.