Lees wat boere en diere-eienaars oor hul ervaring met Eko-tablette en die waterkrip-doseringsmetode sê.
“Dis die beste produk wat jy kan kry. Dis baie arbeidseffektief.”
Van bestaande gebruikers
Van vee tot wild en perde
Ervarings uit die veld
’n Paar van die boodskappe en terugvoering wat ons van gebruikers ontvang het.
“Gebruik dit al 3 jaar. Uitstekende produk — hond, kat, voël, skaap, bok; al my diere kry van daardie water.”
“Ek kan getuig dat die dorpers wat in die wildkamp loop waar ek die tablette in water gebruik, geen bosluise gehad het teenoor die dorpers wat in ander kampe sonder wild loop.”
“Dis die beste produk wat jy kan kry. Dis baie arbeidseffektief.”
“Stuur vir my julle nuutste pryse want ek stuur dit aan vir my wildsboer-vriende.”
“Wonderlike produk, maak haarwurm vrek en nog meer.”
“My volstruis het min vere gehad a.g.v. paartyd maar die vere het weggebly. Ek het hom toe ’n halwe tablet gegee een maal per week. Ná die tweede behandeling het haar vere baie vinnig begin groei.”
“Ek bly in Hartswater, Noord-Kaap. Bosluise is nie werklik ’n probleem by ons nie, maar muggies en muskiete wel. Verlede seisoen was Hartswater onder kwarantyn geplaas vanweë die geweldige uitbraak van AHS. Ek het te hore gekom van die Eko-krip pille en besluit om ’n kans te vat.
Ek het dadelik elke perd oraal gedoseer — 2 pille vir groot, swaar perde en 1 pil vir my kleiner en ligter perde. Daar was gedurig muggies rondom my krippe, maar die oggend ná die behandeling was dit opvallend dat daar geen muggies in my kampe was nie.
Ek het ook my ander diere, honde, katte en hase se drinkwater behandel en kon sedertdien geen parasiete op hulle vind nie. Ek is baie tevrede met die produk en voorsien dat ek voortaan ’n gereelde kliënt gaan wees.”
“Ek gebruik Eko-tablette al 3 jaar lank met groot sukses! Ons skape is gesond.
Ek het al ’n ooi gehad wat bly lê het; ek het ’n Eko-pil in haar keel afgedruk met ’n bietjie water agterna. Die volgende dag was sy op en aan die gang!
Ek rasper my Eko-tablette, meng dit in 2 liter water tot goed opgelos en gooi dit in die krip. Baie dankie Karien en die Eko-tablette span. Julle is tops.”
Kontak ons span vir meer inligting oor die produk en doseringsmetode.